Ons betoog is tog dat ’n mens vrygespreek word omdat hy glo, nie omdat hy die wet onderhou nie. (3:28)

Om te glo, beteken dat ons ook, soos die Israeliete van ouds by die offeraltaar, in die geloof ons hande op God se offerlam (Christus) moet lê en ons skuld op Hom moet oordra. Dan neem Hy ons skuld op Hom, en Hy gee aan ons in ruil daarvoor die vryspraak van sonde. Luther het dit die gelukkige ruil genoem – Christus ontvang ons sonde, ons ontvang sy vryspraak.
Dit is geloof: dat ek sal aanvaar dat Hy dit ook vir my gedoen het en wil doen, dat Hy ook vir my van my sonde verlos en my Gods kind maak. Daarom, sê vers 27, het ons niks om op te roem nie, niks om oor te spog en onsself op die skouer oor te klop nie, want die feit dat ons gered is, is nie ons goedheid nie, maar net God se onverdiende geskenk aan ons.
Het jy al met jou sondeskuld na God gekom en dit op die Here Jesus gelaai sodat Hy dit kan wegneem? Dank dan die Here vir sy onuitspreeklike goedheid, dat Hy ons nie behandel soos ons verdien nie, maar ons vergewe.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.