Maar Petrus sê: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!” (vers 6)

Binne drie eeue het die kerk van ’n klein, onbeduidende groepie Galileërs gegroei tot die magtigste beweging in die Romeinse Ryk, sodat keiser Konstantyn nie anders kon nie as om die Christelike geloof amptelik te erken. En die merkwaardige hiervan is dat die kerk nie geld gehad het nie, soos Petrus hier aan die bedelaar erken. Maar hulle het Jesus gehad. Dít was die geheim. En hulle was nie huiwerig om oor Hom te praat en te getuig nie.

Ons word dikwels in ons beplanning en drome vir die kerk gekniehalter omdat daar nie genoeg geld is nie. Wanneer die Here Jesus aan die werk is, is geld egter nie ’n kwessie nie. Op ’n wonderlike manier sorg Hy dat dinge gebeur, en baie meer gebeur as waarop ons hoop.

Paulus skryf in Efes. 3:20 dat Hy wat deur sy krag in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink. Dalk moet ons dit weer leer glo?

image_pdfimage_print

Views: 31

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.