Maar hulle het nie geluister nie, nie daarop ag geslaan nie; elkeen het koppig bly volhard in sy sonde. (Jer 11:18)
As ’n mens lees hoe God by monde van Jeremia die volk voortdurend vermaan en waarsku, sonder enige gunstige reaksie van hulle kant, wil jy jou hande saamslaan. Veral ook as jy dit vergelyk met die mense van Nineve, wat ná ’n baie onlustige en oninspirerende preek van Jona, hulle hartgrondig bekeer het van hulle verkeerde dade (Jona 3). Op grond van Jona se preek het hulle tot inkeer gekom, terwyl die volk van God hulle ongeroerd aan Jeremia se pleitdooie afgevee het.
Ons kry hier ’n klein kykie in hoe God oor die mense van Juda voel. Sy teleurstelling en hartseer is duidelik. Dit is immers sý volk (vers 4) oor wie Jeremia die oordeel moet aankondig. In vers 15 gaan Hy verder: dis sy volk wat Hy liefhet, sê Hy, en in vers 16 vertel God hoe Hy die volk soos ’n olyfboom geplant en vertroetel het. Dis sý mense wat Hom so diep teleurstel. Later sou Jesus ook hierdie hartseer en onbegryplike verwerping ophaal (vgl Matt 12:41).
God het nie ’n hart van klip nie. Hoe ons leef, raak Hom diep.
Views: 11