Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. (2 Kron 16:9)
Ons het hier met ’n baie groot raaisel te make. Asa was vir die grootste deel van sy regering ’n koning wat naby die Here geleef het. Ons hoor en sien dit in sy gebede en vertroue op die Here, en ook in sy ywer om afgodsdiens in die land uit te roei. Hy het selfs sy eie ouma as koninginmoeder afgesit omdat sy ’n Asjera laat maak het (15:16). Maar nou, met Baesa se aggressie, roep hy nie God se hulp in nie, maar wend hy hom na die Arameërs. En asof dit nie erg genoeg was nie, vererg hy hom bloedig toe die vrome siener Ganani hom daaroor vermaan het (16:7-10). Dit lyk asof sy kop uitgehaak het, want ook toe hy voet-probleme gekry het (gangreen?), soek hy hulp by dokters (sangomas) in plaas van by God.
Dalk het sy voetprobleme meer gevolge gehad as net sy voete, en het dit sy verstand aangetas. Ons weet nie. Hoe dit ook al sy, Ganani se woorde in 16:9 is vir ons ’n groot bemoediging. Jy kan ook vandag uit dié waarheid leef.
Views: 11