Toe bring hulle die seun van die koning vorentoe en kroon hom en oorhandig aan hom die koninklike volmag. So het hulle hom koning gemaak. Jojada en sy seuns het hom gesalf en geroep: “Lank lewe die koning!” (2 Kron 23:11)

Atalia se regering het die Baäldiens in Juda laat floreer, nes haar ma Isebel gesorg het dat Israel die Baäls aanbid het. Daarom het die priester Jojada as eerste daad ná Atalia tereggestel is, die Baäldiens beëindig (vers 17). Toe kon Joas die paleis as regmatige koning betrek (vers 20).
Die staatsgreep word net in ’n paar sinne vertel, maar dis duidelik dat dit ’n baie delikate oefening was wat Jojada in fyn detail uitgevoer het, sodat daar nie haakplekke sou kom nie. Hy moes dit in die geheim doen, want as Atalia snuf in die neus gekry het, was alles tevergeefs.
Selfs al weet jy jou saak is reg en dat jy binne die Here se wil is, moet jy steeds jou huiswerk doen en fyn beplan as jy iets nuuts wil aanpak. Jy kan nie instorm en verwag die Here moet alles vir jou laat uitwerk nie. Ja, God is in beheer, maar Hy het jou verstand gegee om te doen wat reg is. Bring jou kant!

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.