Ook in Juda was die hand van God werksaam. Hy het hulle die koning en die amptenare se bevel wat op sy opdrag berus het, eendragtig laat gehoorsaam. (2 Kron 30:12)

My houtwerkonderwyser het altyd gesê, wanneer hy ’n skewe laai of kassie uitmekaar slaan sodat jy dit weer moet lym: “As iets die moeite werd is om te doen, is dit die moeite werd om dit goed te doen.” Dis wat Hiskia en die leiers besef het. Om die paasfees in die eerste maand te vier soos voorgeskryf was, sou nie deug nie. Daarom besluit hulle om die paasfees na die tweede maand te skuif, soos God dit in Num 9:6-12 vergun het.
Iets wonderliks het met dié fees gebeur: dit het die Israeliete en Judeërs, wat lank deur politieke besluite van mekaar geskei is, weer bymekaar gebring. En die priesters en Leviete wat afgedwaal het, het skaam gekry en na die Here teruggekeer (vers 15). So het almal hulle eendragtig tot God gekeer (vers 12).
Mense wat saam in God se teenwoordigheid is, verander. Almal in Jerusalem het besef dat terugkeer na God implikasies het, en hulle het terstond die afgodsaltare afgebreek en weggegooi (vers 14).
Dit is wat in die Nagmaal gebeur – Christus verander ons.

image_pdfimage_print

Views: 10

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.