U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp … (Ps 8:7)

Die mens – ek en jy! – is deur God aangestel om sy wonderlike skepping op te pas en te bewaar (vers 7; vgl Gen 1:26,28); die wêreld is immers God s’n, en ons is bevoorreg om daarin te leef en dit te benut en te bestuur. Maar ons leef asof die aarde aan ons behoort om daarmee te maak en daaruit te vat wat ons wil.
Die aarde kry swaar onder die mens se ongebreidelde grypsug. Die lug, land en water (riviere en oseane) word besoedel, hulpbronne word uitgeput, en steeds gaan die mensdom rustig voort sonder hom hulle te steur aan die paar besorgdes wat waarsku dat ons besig is om die natuur onherstelbaar te vernietig. Ons voel dit reeds aan ons eie lyf – oorstomings, vloede, droogtes, veldbrande, ongekende hitte, pandemies …
Dis maklik om die vinger na ander te wys. Maar wat doen jy om die natuur te bewaar? Vir herwinning en die hergebruik van afvalprodukte soos papier en plastiek? Of gooi jy ewe rustig alles net weg?
Hoeveel moeite doen jy om water te bespaar? En elektrisiteit? En om onnodige ritte in jou motor te beperk?

image_pdfimage_print

Views: 8

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.