Hoe talryk is u werke, Here! Alles is met wysheid deur U gemaak; die aarde is vol van wat aan U behoort. (vers 24)

Wat ’n aangrypende lied oor die grootheid van die skepping en die Skepper is dit nie hierdie nie! Die psalm besing in digterlike taal die skepping; ’n mens kan nie anders as om die trots van God op sy kunswerk daarin te hoor nie.
Soms kan te veel woorde iets bederf, en is verduidelikings totaal onnodig. Hierdie psalm vra dat ’n mens nie te veel sê nie, dit lees, die woorde indrink, die prentjie in jou kop helder kry, en dan saam met die digter in aanbidding voor God buig.
Wanneer laas het jy tyd gemaak om die skepping te geniet? Om sommer net stil te word, op te kyk na die wolke wat deur die lug sweef, te luister na die voëls se gekwetter, ’n blom te waardeer, of langs ’n stroompie te gaan sit en die gemurmel oor jou siel te laat spoel?
In die betonoerwoud met sy gejaagde tempo is dit amper onmoontlik om soos hierdie psalmdigter die skepping te geniet. Daarom moet ’n mens tyd maak en moeite doen, want jou siel het dit nodig.

Naskrif: Mag jy ’n geseënde Paasfees beleef. Die Here het opgestaan! Hy leef, en ons met Hom!

image_pdfimage_print

Views: 20

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.