… moet julle sorg dat julle nie […] deur hulle in ’n valstrik gelei word wanneer julle na hulle gode sou begin uitvra nie. Moenie sê: ‘Hoe vereer hierdie nasies hulle gode? Ek sou dit ook so wou doen’ nie. (vers 30)
Die gesegde lui: “Nuuskierige agie verbrand sy magie.” Dis mos wat Satan met Eva reggekry het, nie waar nie? Hy het haar nuuskierig gemaak oor die vrugte van die boom in die middel van die tuin, sodat sy (vir die eerste keer ?) regtig die boom raakgesien het (Gen 3:6). Die res is geskiedenis.
Dís die gevaar waarteen Moses waarsku. Die bose het ’n manier om jou in te suig. Die Duitse teoloog Kurt Koch het by geleentheid gesê as jy aandag aan die okkulte gee (soos hy gedoen het), gee dit die duiwel ’n handvatsel om jou te beheer. Jy sal nie ongeskonde anderkant uitkom nie.
Dis nie so onskuldig om glasie-glasie te speel, in ’n kristalbal te kyk, of selfs “Die sterre voorspel” in tydskrifte te lees nie. Satan gryns agter dié goed.
Daar is Christene wat gaan vir sg. bevryding om “verlos” te word van bindinge deur Satan. Later ontdek hulle nog ’n hele paar bindinge het intussen bygekom waarvan hulle óók bevry moet word.
Bly weg!
Views: 6