Josef ’n Leviet wat op Siprus gebore is en wat deur die apostels Barnabas genoem is – dit beteken iemand wat mense moed inpraat – het ook die grond wat hy gehad het, verkoop en die geld gebring en dit vir die apostels gegee. (Hand 4:36-37)

Wat weet jy van Josef, die Leviet van Siprus? Ek moet bely dat ek nie juis notisie van hom geneem het nie, totdat ek ’n studie van Paulus se lewe gemaak het en ontdek het dat hy ’n ongelooflik belangrike rol in Paulus se lewe gespeel het (kyk na 9:26-30; 11:19-26).
Later in die boek sal ons weer van hom lees. Vir eers is Lukas se kant-aantekening oor sy bynaam “Barnabas” genoeg. Josef die Leviet was ’n reus in die vroeë kerk; ’n man wat omgegee het vir ander en uitgereik het na dié in nood. Paulus, en later Barnabas se neef Markus, het baie hierby gebaat.
Dis baie interessant dat die rolle van Barnabas en Paulus geleidelik omkeer; hoe langer die eerste sendingreis geduur het, hoe meer word Paulus se naam vóór Barnabas s’n genoem. Tog lyk dit nie asof dit Barnabas pla nie. Want hý was nie die balangrikste persoon in sy lewe nie, maar die Here Jesus, en ander.
Ek wens ek was soos hy!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.