So het die woord van die Here sy krag getoon en al hoe verder versprei. (Hand 19:20)

Wat in Efese gebeur het, is ’n wonderwerk. Vanuit die bediening daar het die hele Klein-Asië van die Here Jesus gehoor (vers 10). Dit het selfs die verkoop van silwer beeldjies van die godin Artemis begin knou (vers 27), sodat die silwersmede diep bekommerd geword het.
Daar was ’n hele aantal mense by dié fenomenale bediening betrokke – Priscilla en Akwila, Apollos, en natuurlik Paulus en sy medewerkers (vers 11). Maar dit was nie blote mensewerk nie. Dit was die Here, deur sy Woord (vers 20). Paulus het dit ook besef, soos hy in dié tyd aan die gemeente in Korinte geskryf het: die Here het vir hom ’n groot en belangrike oop deur in Efese gegee (1 Kor 16:9).
Dit gaan natuurlik nie altyd só voorspoedig nie. Dikwels moes Paulus-hulle vir hulle lewe vlug, of is hulle uitgeskop. Dit is óók ’n realiteit as jy in die Here se spore volg. Die duiwel werk oral om onmin en verdeeldheid en teenkanting te stig deur mense soos Demetrius (vers 24).
Ek en jy moet egter onverpoos die evangelie saai, en die groei aan God oorlaat. Hy sál die vrug gee (Matt 13:23).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.