Wat ek geskryf het, was dat julle nie moet omgaan met iemand wat homself ’n gelowige noem, maar wat onsedelik of geldgierig of ’n afgodsdienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieër is nie. Met so iemand moet julle nie eens saam eet nie. (1 Kor 5:11)
Een van die krisisse in die tradisionele kerke is die groot aantal lidmate wat wel formeel nog aan die gemeente behoort, maar in die praktyk glad nie meer meeleef nie. Hulle is soos mense wat nie aan ’n kerk behoort nie. En dan is daar verder die probleem dat daar lidmate is wat wel nog af en toe kerk toe kom, maar nie leef soos gelowiges nie; wat hulle gesin verrinneweer, onkuis lewe, dobbel, rassisties is, geldgierig …
Paulus waarsku dat dit nie maar net daardie betrokke lidmate se saak is nie; dit is soos suurdeeg wat deur die hele baksel werk en alles aantas (vers 6-8). As sulke lidmate se optrede oogluikend toegelaat word, skep dit die indruk dat dit maar reg is om so te leef. Soos mense wat sê, as die dominee dit doen en daarmee wegkom, kan ek ook mos.
Ek wonder soms waar die probleem ingesluip het. Dalk omdat ons nie meer omgee oor ander nie?
Views: 4






