Ek het op 25 en 26 Desember 2022 Matt 1 en 2 saam met julle gelees, maar toe nie verder gekom nie. Ek wil nou graag die res van die Matteus-Evangelie in die volgende paar weke lees.

Jesus is toe gedoop […] Hy het die Gees van God soos ’n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook ’n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.” (vers 16-17)

Jesus se werk op aarde was nie iets wat Hy alleen gedoen het nie. Die Vader en die Gees was by Hom. Want God drie-enig sit agter ons verlossing en maak ons deel van God se omgee vir die wêreld.
Die merkwaardige is dat Jesus by sy hemelvaart sy kerk beveel om die evangelie aan mense te verkondig en hulle te doop in die Naam van die Vader, Seun en Gees (Matt 28:19). Só word dit wat by Jesus se doop gebeur het, in ons herhaal met ons eie doop: die drie-enige God kom lê beslag op jou lewe as gedoopte en skakel jou in by God se plan met die wêreld.
As ek en jy Jesus se navolgers is, kan ons weet dat ons dit nie alleen doen nie, of selfs (net) onder leiding van die Heilige Gees doen nie. Die drie-enige God is dan daar om ons te help, te lei, te beskerm, te ondersteun, te seën, te gebruik.
Dit maak my baie opgewonde!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.