Almal wat aan ān wedstryd deelneem, ontsĆŖ hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ān verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ān onverganklike. (1 Kor 9:25)
Die Isthmiese Spele is elke twee jaar in Korinte gehou; daarom het die Korintiese lesers die beeld van ān atleet (vers 24-27) goed verstaan. Die oorwinnaarskroon (vers 25) wat die wenner ontvang het, was inderdaad verganklik; dit was van dennenaalde gemaak. En tog het die deelnemers ān moordende oefenprogram gevolg, want daar was baie prestige by betrokke.
Vir die gelowige is die oorwinnaarskroon die ewige lewe. Dit val nie in jou skoot bloot omdat jy op ān dag ājaā gesĆŖ het vir die Here nie (Matt 7:21). Jy moet elke dag voluit aan die wedloop van die lewe deelneem (vers 24b). Dit is presies wat hyself doen, sĆŖ Paulus. Hy oefen sodat hy geestelik fiks kan wees, gereed om ander gelowiges in ag te neem (vers 22) en elke versoeking en uitdaging die hoof te bied; so anders as wat die skrifgeleerdes en FariseĆ«rs gedoen het (Matt 23:13; vgl ook Jak 3:1).
Elke dag getrou wees sodat ons ander tot die stryd kan oproep (vers 27) ā die mense om jou, jou gesin, jou kollegas, jou vriende en bure. End-uit volhard (Heb 3:14)!