Toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om alleen in Atene agter te bly. (1 Thes 3:1)

Paulus was bekommerd oor die jong gemeente in Tessalonika, wat hy na net ’n paar weke moes los (sien die dagstukkie by 28 November). Self kon hy nie teruggaan nie, want die teenkanting van die Jode was te erg. Daarom het hy in Atene gebly en Timoteus teruggestuur om die nuwe gelowiges te help (vers 2-5). Die goeie nuus wat Timoteus uit Tessalonika teruggebring het, het Paulus opgebeur (vers 7) te midde van sy teleurstellende besoek aan Atene (Hand 17).
Geloofshelde het ook kommer en beleef tye van neerslagtigheid, soos Paulus hier erken. Dit het meermale met hom gebeur (2 Kor 1:4; Hand 18:9 en 28:16). Dis nie ’n teken van swak geloof wanneer dit gebeur nie. Jy kan dit nie eintlik verhelp nie. Dis egter belangrik wat jy doen as jy in ’n put is. Om jouself te verknies, help niks. Ons sien uit Paulus se lewe dat hy in sy donker tye na ander uitgereik het, soos met sy kommer oor Tessalonika; of dat hy met God daaroor geworstel het (2 Kor 12:8).
Só kan jy ook tot rus kom (Ps 62:2).

image_pdfimage_print

Views: 2

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.