Lees 1 Pet 1:1-9 en 23
Ek was een keer by ’n uitvoering van Indiese musiek. Dit was nie vir my ’n goeie ervaring nie, want daar was geen progressie in die musiek nie; geen opbou wat uiteindelik op ’n finale klimaks afstuur nie. Vir my was dit baie frustrerend. Dit is tipies van die Indiese verstaan van die wêreld en tyd, sê die persoon wat saam met my daar was. Hulle het nie ’n begrip van vooruitgang nie; daarom dat hulle glo in reïnkarnasie.
Om sonder hoop te leef, en sonder uitsig na ’n ewige heerlikheid, is so. Alles sal altyd maar net weer dieselfde bly, sonder vordering, vasgevang in ’n ewige kringloop van eindelose herhaling. Goddank, ons is nie só in die tyd vasgevang nie. Ons is nie vir ewig deel van die tydelike nie. Jesus het die hemel vir ons oopgebreek. Dáárom het ons ’n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir ons in bewaring gehou word.
Droom jy ooit van die hemel? Van ’n lewe waarin jy God van aangesig tot aangesig sal sien? Want dit is ’n lewende werklikheid! God bêre dit vir jou totdat jou tyd daar is om dit in ontvangs te neem. Jy is nou al op pad. Elke dag is ’n dag nader aan dié wonderlike tyd.
Gebed: Dankie, Here, dat ek op pad kan wees na die ewigheid. Help my om vandag met stewige treë agter die Here Jesus aan te loop op dié pad.
Views: 5