Is God ’n harde meester?

'n Slaaf wat sy opdrag uitgevoer het, word mos nie bedank nie, of hoe? So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”
Luk 17:9-10

In Luk 17:7-10 lyk dit darem maar na ’n harde en ongenaakbare heer van wie hier gepraat word. En as Jesus dit nou op ons geloofslewe toepas, lyk dit asof God ’n harde en wrede God is, wat net heeldag werk uitdeel, en ons het niks te sê nie.

Gelukkig is dít nie die boodskap van Luk 17 nie. Hierdie gedeelte wil nie vir ons iets sê van hoe God is nie; dit wil vir ons iets sê van hoe ons behoort te wees. Daarom mag ons nie hier allerlei afleidings maak oor God nie – dan mis ons die hele boodskap van Jesus se vertelling.

Die Here Jesus sê: Ons is onverdienstelike slawe. Ons kan nie ons verlossing by God verdien nie. Ons mag ook nooit moeg word of in selfvoldaanheid agteroor gaan sit nie. Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons doen maar net wat ons verplig is om te doen.

Dit beteken natuurlik nie dat God hard en ongenaakbaar is nie, en nie raaksien wat ons doen nie. God is nie ’n slawedrywer nie. Hy sien wel deeglik raak wat ons doen. Daarom sê Jesus in Luk 12:37: Gelukkig is die slawe vir wie die eienaar by sy koms wakker sal aantref. Dit verseker Ek julle: Hy sal hulle aan tafel laat sit, self ’n voorskoot aansit en hulle kom bedien.

God is geen slawedrywer nie; Hy is ons Vader in Christus Jesus. Hy sorg vir ons.

image_pdfimage_print

Views: 56

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.