Dit is ‘n merkwaardige feit dat ‘n baie groot deel van die Bybel uit verhale bestaan. Dit is in dié verhale wat ons die Skrywer ágter die verhale beter leer ken. Die Bybel is immers God se storie, al is dit deur mense geskryf.
Ons het al so gewoond geraak aan die Bybelverhale dat ons dikwels die verrassende en unieke daarin miskyk. Deur die Bybelverhale in die vorm van koerantberigte te lees, dwing dit jou om nuut na die teks te kyk, en telkens verwonderd te staan oor hoe God met ons op pad is.
Moenie deur die berigte storm nie; gebruik genoeg tyd om dit rustig te lees, én natuurlik die oorspronklike berig soos dit in die Bybel self opgeteken is. DÃt is immers God se Woord aan ons!
Chris Crouse het my bekendgestel aan hierdie program.
Dit is kosbaar. Baie Dankie.
🙂
More, hoe maak ek om elke oggend ,n volledige boodskap te kry.Ons ek nognie vertroud met Jaco nie maar sal elke dag ,n vollefige boodskap sou woy o tvang,as dit moontlik us.
Hallo Marlynn
Dankie vir jou belangstelling. Ek bid dat my bediening vir jou sal help.
Ek het jou nou op “Lees die Bybel saam met my” ook ingeteken. Jy kan hier meer oor die verskillende rubrieke lees.
As jy meer wil weet van my, kan jy hier gaan kyk.