… julle God, die Here, is God, bo in die hemel en onder op die aarde. (vers 11)

Sjoe, dis nogal ’n mondvol, en dit boonop van ’n vreemdeling! ’n Mens kan dit byna nie glo dat sy so goed ingelig was nie. Sy het alles geweet van hoe die Here deur wonders die Israeliete uit Egipte tot op die grens van Kanaän gelei en beskerm het. Sy was bereid om haar lewe te waag omdat sy geglo het die God van die Israeliete, die Here (Jahwe), is die Een wat sal seëvier. Ja, sy het selfs God se Naam geken.

Waar sou sy aan haar inligting gekom het? Die Bybel vertel dit nie vir ons nie, maar ons kan dit self uitwerk. Mense praat onder mekaar. Party mense steur hulle nie aan dié stories nie, maar daar is ander wat dit glo. En daarop reageer, soos Ragab.

Ek en jy weet nie wie almal ag slaan op wat ons sê nie. Maar in God se almag kan dit wat mense by jou hoor oor Hom, ’n instrument word om iemand na Hom te lei, soos wat met Ragab gebeur het. Dit maak my opgewonde!

image_pdfimage_print

Views: 5

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.