Die Here het vir Josua gesê: “Ek gaan Jerigo, sy koning en sy soldate nou in jou mag oorgee.” (vers 2)
Gister het ons gesien hoe die Aanvoerder van die Here op die toneel verskyn, en in Josua 6 sien ons wat gebeur wanneer Hy die oorleg veg. Josua en sy mense hoef eintlik niks te gedoen het nie. Hulle was weinig meer as toeskouers in die oorname van Jerigo. Nie een van hulle sou agterna kon sê dat hulle die stad met hulle vernuftigheid of dapperheid ingeneem het nie.
Dit is presies die punt. Die inname van die Beloofde Land was nie hulle prestasie nie; dit was ’n geskenk van God. Hiervan was Jerigo by uitstek die simbool. Dit was God wat dit vir hulle gegee het, en so sou dit altyd bly. Die land was nooit húlle s’n om te besit nie. Dit was God s’n wat hulle ontvang het. om met dankbaarheid te geniet.
Dis hoe ons ook moet dink oor wat óns van God ontvang het: dis gawes wat ons nie besit en oor beskik nie, maar mag geniet omdat God dit vir ons gun.