Die Israeliete sê toe vir Samuel: “Moenie ophou om die Here ons God vir ons om hulp te smeek nie, sodat Hy ons uit die mag van die Filistyne kan red.” (vers 8)

Hierdie hoofstuk staan in skrille kontras met hoofstuk 4, waar Israel óók teen die Filistyne geveg het. Daar wou hulle God dwing om hulle te help deur die verbondsark te gaan haal, met katastrofiese gevolge.
Dis nou twintig jaar later. Dit wil voorkom asof Israel besef dat hulle op ’n ander wyse te werk sal moet gaan as hulle die stryd teen die Filistyne wil voer (vers 2). Intussen het Samuel ook in statuur gegroei. Onder sy leiding kom daar ’n radikale inkeer. Die volk draai weg van die afgode en keer hulle tot God (vers 4). Hulle besef ook dat voortdurende gebed tot die Here die enigste manier is waarop die oorlog benader moet word (vers 8).
Die uiteinde is dat God self vir hulle geveg het (vers 10 ), soos die gedenksteen hulle herinner het (vers 12). Jare later moes die Here dit by monde van sy profeet Sagaria (4:6) weer sê: Ons sal nie wen deur mag of krag nie, maar deur sy Gees.
Dis vandag vir ons ook waar.

image_pdfimage_print

Views: 32

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.