Nadat die Israeliete die land in sy onderskeie gebiede aan die stamme toegewys het, het hulle aan Josua seun van Nun ’n eiendom tussen hulle toegeken. (vers 49)
Die verdeling van die land onder die twaalf stamme kan vergelyk word met ’n erflating wat tussen die kinders verdeel word. Dikwels hoor ’n mens van groot ongelukkigheid en selfs erge vyandskap as die verdeling nie volgens almal regverdig is nie.
Hierdie gevaar was natuurlik ook groot toe Josua die land tussen die verskillende stamme verdeel het. As daar net ’n sweem van bevoordeling of onregverdigheid iewers bespeur is, sou die gort gaar gewees het. Ons lees niks daarvan nie, wat ’n baie groot prestasie van Josua was. Hy het regverdig en met integriteit opgetree. So hoort dit by ’n godvresende leier.
In ons moderne wêreld waar dit dikwels ’n geval is van elke man vir homself; waar mense hulle nie steur aan landswette en regulasies as dit hulle nie pas nie, is die versoeking groot dat mense gryp wat hulle nie toekom nie, veral as jy in ’n posisie is om die stelsel te manipuleer om jouself te verryk ten koste van ander. Lees gerus wat Jesus hieroor sê in Matt. 20:25-28.
Views: 1
Sal jy my asb inskryf vir Lees saam met my
Ek het jou ingeskryf. Dankie dat jy laat weet het.