Hulle het nie die manne laat boekhou van die geld wat hulle aan hulle betaal het nie. Dit is aan die voormanne gegee wat die werk eerlik uitgevoer het. (vers 15)

Daar het ’n groot verslaentheid en verlange oor my gekom toe ek dié gedeelte gelees het. Dat ’n hele werkmag só met eerlikheid en integriteit kon werk en dit nie eers nodig was om hulle uitgawes te kontroleer nie, is in ons wêreld (Suid-Afrika) byna ondenkbaar.
Ons land is siek en verrot van bo tot onder, en word daagliks al verder rot en kaal gesteel. Selfs skole en hospitale loop deur, om nie te praat van korrupsie op elke vlak nie. Eerlikheid en betroubaarheid is ’n baie skaars eienskap.
Die versoeking is groot om ook deel van dié bedenklike “kultuur” te word. Almal maak so, hoekom sal ek nie ook nie?
Dis natuurlik die stem van Satan wat met jou kop smokkel. Ons is kinders van God. Ons lewe volgens ’n ander stel reëls. Ons is vreemdelinge en bywoners op aarde (1 Pet 2:11-12). Ons roeping is om die lig en die sout te wees, het Jesus mos gesê (Matt 5:13-16). Só vat ons ons land stukkie vir stukkie terug uit die kloue van Satan.

image_pdfimage_print

Views: 12

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.