Maak vir ons plek in julle harte. Ons het niemand onreg aangedoen nie, ons het niemand benadeel nie, ons het niemand uitgebuit nie. (vers 2)
Dié hoofstuk is tegelyk hartverskeurend en hoopvol. Ons sien hier hoe ’n gebroke verhouding mense affekteer. Paulus was siek van bekommernis en ontsteltenis omdat die verhouding tussen hom en die gemeente seergekry het. Hy het geen rus of duurte gehad nie (vers 5). Eers toe Titus uiteindelik van Korinte af terugkeer met goeie nuus, het sy neerslagtigheid gelig.
Paulus se onvermoeide ywer om die gebroke verhouding te herstel, staan vir my uit. Hy het nie net sy skouers opgetrek en sy rug op hulle gedraai nie. ’n Mens hoor deesdae dikwels mense sê jy moet die mense wat jou ontstel of sleg behandel, eenvoudig uitskud, want jy het nie dit in jou lewe nodig nie. Vir Paulus was dit nie ’n opsie nie, want dit het nie vir hom net om homself en sy eie geluk gegaan nie, maar veral oor die Korintiërs en húlle heil, wat deur hulle optrede teenoor hom gewys het dat hulle op ’n verkeerde pad is.
Dalk is daardie persoon wat jou so irriteer, juis in jou lewe omdat God deur jou ’n pad met hom of haar wil loop.
Views: 61