Ek is hulpeloos en arm, maar die Here dink aan my. U is my hulp en my redder; my God, moet tog nie talm nie! (vers 18)

Psalm 40 is ’n vreemde psalm; ’n psalm met twee dele wat só radikaal verskil dat baie verklaarders meen die psalm is ’n samestelling uit verskillende ander psalms, o.a. Ps 70. Die eerste deel is ’n danklied vir die redding wat God gegee het (verse 1-11), en die laaste deel (vers 12-18) ’n klaaglied, ’n bede om uitkoms.

Ons hoef egter nie te dink dit is ’n aanmekaar geflansde psalm nie. Die twee dele pas bymekaar. Wat hier gebeur het, is dat die digter in sy uiterste benoudheid terugdink aan vorige kere toe God sy gebed om hulp verhoor het, sodat hy nie anders kon nie as om daaroor te juig. Dié herinnering gee hom moed om nou weer, in ’n nuwe noodsituasie, na God te roep om hulp.

Daarmee help hy ons om te weet wat óns moet doen as ons in die nood is. Moenie dan mistroostig op ’n hopie gaan sit en jouself bejammer nie. Dink na oor die pad wat God met jou geloop het tot hier, en skep moed.

Naskrif:
Ons gaan van môre af die boek Habakuk lees. Ek beplan om vir Pinkster die 1ste Brief van Petrus te behandel; ons gaan dus van Sondag tot Donderdag 1 Petrus lees.

image_pdfimage_print

Views: 43

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.