Wie nie reg gesind is nie, sal sy verdiende loon kry, maar wie reg doen, sal lewe omdat hy getrou bly. (vers 4)

In hoofstuk 2 is Habakuk opgewonde, want hy sien uit na die antwoord wat God gaan gee. Daarom gaan staan hy op die uitkyktoring (vers 1), wag hy dat God sal praat. Want hy weet: God sál antwoord. Dinge sal nie altyd bly soos dit nou is nie.

En dan praat God met hom! Hoe kan ’n mens ooit daaraan twyfel dat God hoor, dat Hy omgee, wonder of Hy ooit sal reageer?

Maar God se antwoord is nie presies waarop Habakuk gehoop het nie. God swaai nie ’n towerstaffie, en skielik is alles weer reg nie. God se antwoord aan Habakuk is ook nie ’n klinkklare oplossing nie; eerder ’n oproep tot hernude opregtheid en toewyding en getrouheid: “Wie reg doen, sal lewe omdat hy getrou bly.”

Tussen mense wat nié in God glo nie en nié vir God leef of hulle aan Hom steur nie, is dit ons roeping: Om volhardend te bly glo en die regte ding te doen. Dis nie die maklike pad nie, maar dis God se pad. Vandag nog altyd.

image_pdfimage_print

Views: 47

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.