Die Here het afgekom om te kyk na die stad en die toring wat die mense vir hulle gebou het … (vers 5)

Die Bybel is vol humor en ironie. Hierdie is een van die kostelike voorbeelde daarvan. Die mense van Babel dink hulle is so wonderlik dat hulle ’n toring kan bou waarvan die punt tot in die hemel sal reik (vers 4), maar as God die toring wil bekyk, moet Hy afkom, sodat Hy hier onder op die aarde die knoetsie kan bekyk wat hulle aan die bou is.

Dit pas ons goed om perspektief te behou; nie te dink ons is só belangrik of beroemd en groot nie. In God se oë is ons klein en nietig.

Met hierdie verhaal ontbloot die skrywer dieselfde sonde as dié wat Adam en Eva die Tuin van Eden gekos het: die mense wou deur eie pogings die hemel bereik en op een vlak met God wees. Verder verontagsaam hulle ’n direkte opdrag van die Here om die aarde te vul. Hulle beplanning herinner sterk aan die gesindheid van selfgenoegsaamheid wat Jakobus 4:13-17 so skerp veroordeel.

Die uiteinde is dieselfde as dié in Gen 3: God gryp in. Hy sal nie toelaat dat die mens ongehinderd sy perke oorskry nie.

image_pdfimage_print

Views: 4

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.