En omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie. (vers 6)

Wat Lukas vir ons hier beskryf, is die omgekeerde van die spraakverwarring by die toring van Babel (Gen. 11). Daar het die mense in verskillende tale begin praat, en het ’n groot verwarring ontstaan. In Hand. 2 lees ons dat die mense onder beheer van die Gees ook skielik in ander tale begin praat het, tot groot konsternasie van die omstanders. Die groot verskil is dat niemand mekaar kon verstaan by Babel nie, maar op Pinkster kon al die mense in hulle eie taal hoor hoe groot God is. Dit het gelei het tot die geboorte van die kerk, wat vandag in elke taal in die wêreld bestaan.

Pinkster is dus die herstel van die oordeel van Gen. 11. Daar wou die mense ’n toring tot in die hemel bou en ’n groot naam vir hulleself maak. In Hand. 2 gaan dit nie om die mense se eie naam nie, maar om God se eer en om die Naam van Jesus te verheerlik, sodat Hý groot kan wees in die wêreld.

Dit is wat die Gees van God doen. Lees in dié verband gerus Kol. 1:15-20.

image_pdfimage_print

Views: 26

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.