U, Here, U is my hoop, op U, Here, het ek van jongs af vertrou. (vers 5)
Ons het hier ’n gebed van ’n bejaarde wat sy lewe in oënskou neem. Hy kyk terug en sien oral tekens van God se besondere sorg oor die jare, in tye van voorspoed, en ook in tye van gevaar. In die tyd toe hy dié gebed gebid het, was daar ook bedreigings, valse beskuldigings en mense wat sy ondergang gesoek het.
Juis in só ’n tyd klou hy aan God vas, herinner hy homself daaraan dat God nog altyd uitkoms gegee het, sy lewe lank (vers 20). Daarom kan hy bly hoop (vers 14).
Die geheim van ’n veerkragtige geloofslewe lê daarin dat die gelowige baie ervarings van God se sorg het waarna hy kan terugkyk. Dit bied troos en hoop wanneer die lewe druk, en diepe dankbaarheid wanneer dit goed gaan. ’n Lewensreis met God laat jou verwonderd saam met die psalm uitroep (vers 19): “Wie is soos U, o God?”
Views: 33