Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! (vers 1)
Ons is hier om God te loof en te prys. Vers 6 sê: Laat alles wat asem haal, die Here prys! Dit geld natuurlik die ganse skepping. Die skepping, én ons, veral ons, is deur God gemaak om Hom te prys.
Só belangrik is dit vir God dat die mens ook deel moet wees van hierdie loflied, dat Hy sy Seun gee om ons vry te koop sodat ons Hom kan liefhê, en om ons die wysie te leer.
Met die “ons” bedoel ek natuurlik die kerk. Die kerk is daar om ons hierdie wysie te leer en al beter te leer, om ons te oefen om God te kan loof en prys. Daarom begin Ps 150 met die woorde: Prys God in sy heiligdom …
Maar die kerk is nie net daar om vir óns te leer om God te loof nie. Die loflied begín wel in die kerk, maar dit moet daarvandaan uitbrei na die hele wêreld, na al die mense, sodat alles wat asem haal, die Here sal prys, sê vers 6.
Prys Hom dan met oorgawe, uit volle bors! Laat alles wat asem haal, die Here prys! Halleluja!
Naskrif: Môre begin ons DV met Paulus se Brief aan die Romeine.
Views: 13