En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. (vers 29)

Ons het vandag ander gevare as destyds wat ons geloofslewe bedreig. Ons het nie ’n owerheid wat ons met vervolging dreig nie. Ons kan sonder enige verhindering ons gemeentelike lewe organiseer. Maar dit sal dom wees om daaruit af te lei dat ons nie bedreigings hoef te trotseer nie. Ek dink nou aan dinge soos toenemende privaatheid en indiwidualisme. Daar is dinge soos geldsug en selfsug. Daar is ’n algemene vervlakking in die samelewing as dit by geloofskwessies kom, en ’n toenemende aanslag op gelowiges. Dit word amper mode om te sê die Bybel maak nie sin nie; om die ou belydenisse oor Jesus se maagdelike geboorte en sy opstanding te bevraagteken; ons moet nuut dink oor seks en die huwelik; ons moenie so eng wees nie, ens.

Die bedreigings vandag is nie meer dié van ’n brullende leeu nie. Satan kom eerder na ons soos ’n engel van die lig. Dit maak die bedreiging nie minder gevaarlik nie; inteendeel, baie mense is aan die slaap gesus.

Die kerk se antwoord is vandag nie anders as in die eerste gemeente nie: Leef biddend! Vlug na God, en bly vreesloos en vrymoedig in jou getuienis.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.