So sê die Here: Selfs as Israel net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy nog sondes daarby gevoeg: (vers 6)

Die boek begin met sewe uitsprake van die Here teen Israel se vyande (1:3-2:5), en elke uitspraak word ingelei met ’n vaste formule: “So sê die Here: Selfs as (die betrokke nasie) net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy ’n vierde sonde daarby gevoeg …”
Wanneer Israel egter aan die beurt kom, is dit nie net ’n vierde sonde nie wat pla nie. Dis “nog sondes”, en die lysie is 3 keer langer. Die punt is: Israel is erger as al die buurlande. Hulle verdruk en buit die weerloses uit (vers 6b-7) en dink niks daarvan nie. Hulle gewete is só toegeskroei dat hulle selfs die tasbare bewyse van hulle onreg in hulle godsdiens gebruik (vers 8).
As ’n mens knussies in die kerk sit en dit wat verkeerd is in jou lewe jou nie pla nie, is jy diep in die moeilikheid, want dan bluf jy jouself. Jak 2:17 sê jou godsdiens is dood as dit nie in die praktyk van jou lewe ’n verskil maak nie.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.