Die hele gemeente en al die ander mense wat hiervan gehoor het, het baie bang geword. (vers 11)

Dit lyk my dis gevaarlik om aan die kerk te behoort. Ons is nie in die kerk sommer maar net besig met een of ander vereniging nie. Dit is immers God se kerk. En daarom kan ons nie maar lewe asof ons gewone mense is nie, optree soos al die ander mense wat nie die Here ken nie. Petrus skryf jare later in 1 Pet 2:9: “Julle … is die uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God …” Daarvan moet ons lewens getuig.

Die mense van destyds het dit begryp ná Ananias en Saffira se dood. Daarom staan hier in vers 5 en 11 dat almal wat hiervan gehoor het, baie bang geword het. En vers 13 sê dat niemand dit gewaag het om by die gemeente aan te sluit nie. Want hulle het besef: Om kerk te speel, is gevaarlik. Nie enige een kwalifiseer nie. Net húlle wat die Here God heelhartig liefhet, en mekaar as hulle broers en susters omhels.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.