As jou nakomelinge hulle aan my verbond hou en aan die verordeninge wat Ek hulle leer, sal ook hulle seuns vir altyd op jou troon heers. (vers 12)

Die psalm kom uit ’n tyd voor die ballingskap, en is gebaseer op die belofte dat God Sion en die Dawid-dinastie sal beskerm. Die agtergrond kry ons in 2 Sam 7. Dawid wou vir die Here ’n tempel bou, maar God het dit van die hand gewys. Tog, saam met die afwys van Dawid se droom, kom die Here met ’n ongelooflike toesegging: Hy sal sorg dat daar altyd een van Dawid se nakomelinge op die troon is (vers 11, 17-18; vgl 2 Sam 7:16).
Ons weet egter dat dit nie so gebeur het nie. In die jaar 586vC het Nebukadnesar Jerusalem platgevee en die Dawid-dinastie tot ’n end gebring. Die Dawid-nageslag het ongelukkig nie die “as” in God se belofte (vers 12) goed gehoor nie, of dalk nie ernstig opgevat nie.
Ook ons leef met God se beloftes. Ons mag Hom aan sy beloftes herinner soos die digter hier doen, mits ons ook sy voorwaardes in ag neem. God se seëninge in Jesus aan ons is nie outomaties nie; dit vereis van ons ’n lewe van gehoorsaamheid en trou.

image_pdfimage_print

Views: 8

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.