(Agabus) het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, sy eie hande en voete daarmee vasgebind en gesê: “So sê die Heilige Gees: Die Jode sal in Jerusalem die eienaar van hierdie gordel net so vasbind en hom aan die heidene uitlewer.” (vers 11)

Nie almal wat die Here hoor, reageer dieselfde nie. Oral het mense vir Paulus gesê hulle hoor by die Here dat hy probleme in Jerusalem gaan kry. In Sesarea het die profeet Agabus (dit was ook mos hy wat die hongersnood in Judea voorstel het in Hand 11:27-30) dit selfs met ’n simboliese voorstelling onderstreep.

Dat Paulus in Jerusalem probleme gaan optel, was vir almal duidelik. Die vraag is: wat moes hulle met dié kennis maak? Die meeste het gesê Paulus moet uit Jerusalem wegbly (vers 12). Paulus het óók geweet daar wag probleme, maar anders as die ander, het dit hom nie van plan laat verander nie. Hy het verstaan dat die Here hom Jerusalem toe vat, en daarom gaan hy, want God vra dit (vgl Hand 20:22-24).

Om te weet wat wag, en om te weet hoe om te reageer, is twee verskillende goed. Net die Heilige Gees kan ons help om die regte besluit te neem.

image_pdfimage_print

Views: 43

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.