So sê die Here: Handhaaf die reg en wees regverdig! Red dié wat beroof word, uit die mag van die uitbuiter, ook die vreemdeling, die weeskind en die weduwee. (Jer 22:3)

Dis opmerklik dat God se aanklag teen die leiers van sy volk telkens hierop neerkom: onreg teenoor die weerloses. Ja, en natuurlik ook afgodediens. Dié twee aanklagte het saamgehang. Hoe dan ook anders? Die Tien Gebooie skarnier om dié twee kante van liefde en trou: dat jy God, en God alleen, liefhet en dien, en dat jy jou naaste liefhet soos jouself (Matt 22:36-40).
Die eerste ding wat by die deur uitgaan as God nie meer alleen gedien word nie, is sosiale geregtigheid. Dan is liefde vir die self die hoogste goed. Dan draai alles wat jy doen, om selfverryking en selfhandhawing (vers 17). Daarom, as Christus op die wolke van die hemel kom om as regter die finale oordeel te vel, is die maatstaf wat Hy gaan aanlê, nie of jy Hom bely het nie, maar of jy jou naaste behandel het soos jyself behandel wil word (Matt 25:31-46; vgl Matt 7:12). Egte en suiwer godsdiens, sê Jak 1:27, kom tot uitdrukking waar jy jou oor die randfigure van die samelewing ontferm.
Laat mens dink, nè.

image_pdfimage_print

Views: 11

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.