As ek skuldig is en iets gedoen het wat die doodstraf verdien, is ek bereid om te sterwe. Maar as daar niks in hulle beskuldigings teen my steek nie, kan niemand my as guns aan hulle uitlewer nie. Ek beroep my op die keiser. (vers 11)

Die Here Jesus het ons geleer om die ander wang te draai (Matt 5:39). Dit beteken egter nie dat ons die slaansakke van die wêreld moet wees nie. Jesus het self tydens sy verhoor vir ’n wag gevra waarom hy Hom geslaan het (Joh 18:23). En hier doen Paulus dieselfde. Hy besef hy het ’n politieke speelbal geword en dat daar geen goeie uitkoms vir hom sal wees as hy armpies gevou sit en wag dat die Jode en die goewerneur klaar konkel nie. Daarom staan hy op sy regte as Romeinse burger en beroep hom op die keiser. Buitendien het Paulus die Here se leiding hieroor gehad (Hand 23:11).

Dit is natuurlik nie ’n eenvoudige saak om te weet wanneer jy die ander wang moet draai en wanneer jy op jou regte moet staan nie. Vra dan: gaan dit om mý eer (draai die ander wang) of is God se eer hier op die spel, sodat ek sterk moet staan.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.