Petrus sê vir Hom: “Here, ek is bereid om saam met U selfs gevangenskap en dood in te gaan.” (vers 33)

Petrus het geglo sy taak is om die Here te volg en dat hy bereid moet wees om selfs tot die dood toe vir Hom te veg. Daarom pluk hy ’n swaard uit om sy Here te beskerm (vers 50, Joh 18:10). Maar dís nie wat die Here toe nodig gehad het nie. Hy het Petrus se voorbidding (vers 40), en ondersteuning in sy verhoor nodig gehad.
Hierin het Petrus tragies misluk. Selfs voor die vraag van ’n diensmeisie val hy vas (vers 56). Petrus was nie ’n lafaard nie, maar Jesus het ’n ander soort moed van hom gevra: die moed om aan Hom getrou te bly en vir Hom te getuig in alle omstandighede.
Ons kan ook in die slaggat trap om aan óns idee van wat God verwag, vas te klou in plaas daarvan om te vra wat Jesus wil hê. Daarom dink party dat as jy werklik ’n goeie gelowige wil wees, jy iets groots vir God moet doen.
God vrá soms groot dinge, maar hoofsaak is dat ons aan Hom getrou bly en nie skaam is om sy kinders genoem te word nie.

image_pdfimage_print

Views: 21

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.