Toe die Here sien hoe groot die verdorwenheid van die mens op aarde is en dat hy sy lewe lank net slegte dinge bedink, was die Here bedroef daaroor dat Hy die mens op die aarde gemaak het. (vers 5)

Hierdie vertelling wil vir ons laat verstaan waarom die sondvloed moes plaasvind – die mens het só verdorwe geraak dat hulle selfs stories uitgedink het waarin gode met mense trou en kinders by hulle het.

Dié bisarre verhaal is nie deel van die oergeskiedenis waaraan ons as gelowiges waarde moet heg nie; dis ’n voorbeeld van hoe arrogant die mense in Noag se tyd was, en die slegte dinge wat hulle bedink het. Hulle het gode uitgedink en selfs geglo dit is moontlik om die straf van God op die sonde te omseil deur met dié versinde gode te trou en so onsterflikheid te verkry.

Hierdie storie wat die Bybel oorvertel, is deel van hierdie slegte bedinksels, versinsels, van die mens. Dáárom het God ingegryp met die sondvloed, waarvan ons verder in die hoofstuk lees. Om die boosheid van die mense te beëindig.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.