Wanneer iemand onopsetlik teen enige van die gebooie van die Here sondig en iets doen wat hy nie mag doen nie, moet soos volg gehandel word … (vers 2)

Ons is geneig om te dink dat sonde net oortredings is wat op die naam genoem kan word. Ons dink dit is net die dade waarvan ons bewus is. Sonde is egter ook oortredings waarvan ons nie bewus is nie en nie doelbewus gedoen het nie, of dinge wat ons nagelaat het.
Sonde, of dit nou aspris of onopsetlik gedoen is, het altyd gevolge. Dit versteur jou verhouding met God en maak dat daar verwydering tussen jou en God kom (vgl o.a. Ps 66:18 en Jes 59:2). Dit kan nie so bly nie. Eers as daarmee gehandel word, kan daar versoening met God kom. Dít is waaroor dit hier gaan.
Hoewel almal se sonde gevolge het vir hulle verhouding met die Here, het dié met ’n hoër posisie ’n groter verantwoordelikheid, en is die offer wat gebring word, ook groter, want meer mense word daardeur geraak. Dit is hoekom koning Dawid se sonde met Batseba sulke ernstige gevolge gehad het. Dis ook hoekom die kerk strenger behoort te oordeel oor predikante as oor gewone lidmate, want hulle voorbeeld beïnvloed baie (Jak 3:1).

image_pdfimage_print

Views: 15

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.