Toe sê Abram vir Lot: “Daar behoort nie ’n getwis te wees tussen my en jou en tussen my veewagters en joune nie, want ons is familie. Die hele land lê oop voor jou. Gaan jy liewer weg van my af. As jy links gaan, gaan ek regs; en as jy regs gaan, gaan ek links.” (vers 8-9)

Hoekom laat Abram toe dat Lot die beste gryp? Omdat God hom geroep het om ’n seën vir die nasies te wees (Gen 12:1-4). Ons lees in vers 7: “Die Kanaäniete en die Feresiete het ook nog in die gebied gewoon.” Abram wou tot elke prys ’n getwis vermy: ter wille van sy roeping, ter wille van God! Daarom was hy bereid om homself en sy belange tweede te stel.

Lot se geloof het met sy keuses niks te doen gehad nie. Hy kies die beste deel vir homself. En dit terwyl dit tog die senior persoon se voorreg was om te kies.

En tog sê die Here hierna vir Abram (vers 14): “Kyk tog rond … na alle kante. Alles wat jy sien, gee Ek aan jou en jou nageslag.”

Dít is die troos en die oorwinning van die geloof. Dat God vir jou sorg.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.