Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang. (vers 6)

Op die oog af stel die psalm ons voor ’n eenvoudige keuse: ’n lowergroen, goed-versorgde vrugteboom (vers 3) of kaf (vers 4). Maar dit word moeiliker as jy verstaan wie die sogenaamde goddeloses en regverdiges is.
Goddeloses is nie noodwendig skurke wat ’n losbandige bestaan voer nie. Die mense van wie die psalm hier praat, kan ook baie fatsoenlik wees, gemeet aan die norme van die ander mense; selfs kerklidmate. Dis mense wat nie vir hulle optrede en hulle standpunte na die wil van die Here vra nie, maar na ander mense kyk en luister. Almal maak so, daarom maak ek ook so. As almal oor die baas skinder, dan skinder ek maar saam (vers 1) …
Die regverdiges se optrede word bepaal vanuit ’n ander oord: die wet van die Here (vers 2). Dis mense wat die Bybel lees en oordink (vers 2), of soos Ps 119:11 sê: “In my hart koester ek u woord, sodat ek teen U nie sondig nie (2020-vertaling).
Die vraag is natuurlik: wie of wat weeg die swaarste in jou lewe?

image_pdfimage_print

Views: 16

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.