Toe het Abraham op sy knieë geval en hy het gelag en gedink: kan daar vir ’n man van honderd ’n kind gebore word, of kan Sara wat negentig is, ’n kind in die wêreld bring? (vers 17)
Abraham val op sy knieë voor die Here neer, maar in sy hart lag hy. Hy het al daardie een gehoor van ’n groot nageslag, maar hy glo dit nie meer nie. Hy en Sara is al te oud. God het te lank gewag.
Abraham is soos baie moderne mense. Sy verstand sê vir hom dit kan nie, en daarom kan dit nie.
En jy? Sou jý dit geglo het? Dat ’n vrou van negentig ’n baba kan hê? Dis mos onmoontlik!
Ek het meer van Abraham verwag; gedink hy sal opspring en hande klap en juig oor hierdie aankondiging. Maar in plaas daarvan sleep hy voete. Miskien was hy bang om weer te begin hoop, want hy het al so baie seergekry.
Abraham het hom lelik met God misgis. Genesis 17 vertel vir ons van ’n God wat wonders doen; ’n God vir wie niks onmoontlik is nie; ’n God wat ondanks die proesende Abraham en die laggende Sara sy beloftes waar maak. Want Hy is God!
Views: 6