Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel. (Jer 1:5)
Hoe dink jy oor jou roeping as gelowige?
Waarmee die roepingsverhaal van Jeremia ons wil help, is om iets te verstaan van hoe Gód oor die saak voel. Of miskien moet ek liewer sê: Wat gebeur in God se hart vóórdat Hy jou roep? Hoe kom Hy by die punt dat Hy sê: Ek roep jóú. Ja, jy wat omkyk om die taak aan iemand anders oor te laat.
Hoe het God by Jeremia uitgekom? Hoe het God by jou uitgekom, en by my?
Die heel eerste ding wat ons hier moet raaksien, is dat God se pad met Jeremia begin het, lánk voor die ontmoeting waarvan ons in Jeremia 1 lees. Hy het van voor Jeremia se geboorte al begin om hom voor te berei vir sy taak.
Jy moet dit goed begryp. God se werk in jou lewe het baie lank gelede al begin. Dit het begin voor jy nog mens was. Tóé het Hy al besluit dat Hy jou wil gebruik in 2024.
Dit maak my nederig, en opgewonde!
Views: 16