Lot het toe vir sy aanstaande skoonseuns gaan sê: “Kom uit hierdie plek uit, want die Here gaan hierdie stad verdelg,” maar hulle het gedink Lot maak ’n grap. (vers 14)

Lot se verhaal is een van die mees tragiese in die Bybel. Hy het soveel potensiaal gehad. Hy het onder die beskerming van sy oom Abraham geleef. Ongelukkig het hy min by sy oom geleer oor integriteit en omgee en geloof.

Sy groot dryfveer was hebsug. Daarom kies hy die vrugbare Jordaan en los die droë dele van die land vir sy oom. Daarom gaan woon hy uiteindelik binne-in Sodom. Want dís waar die geld was.

Uiteindelik het Lot as gelowige (2 Pet 2:7) die oordeel van Sodom en Gomorra vrygespring, maar teen watter prys! En die ergste vir my is dat Lot in al die jare nie ’n enkele mens gehelp het om by God uit te kom nie. Nie sy vrou nie, nie sy dogters nie, nie sy aanstaande skoonseuns nie, nie een van sy slawe nie. Abraham se pleidooi dat God die stad ter wille van tien regverdiges moet spaar (Gen 18:32) was dus tevergeefs.

Jy kan nie deel van die wêreld word en dink jy het ’n getuienis nie.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.