Verder het Abimelek vir hom gesê: “Wat het jou besiel om so iets aan te vang?” (vers 10)

Ons ken dit almal: daardie troetel-sondes waaroor jy maar weer en weer struikel.

Hierdie hoofstuk wys dat dit nie net jy is wat ’n probleem daarmee het nie. Die vader van die gelowiges was ook skuldig daaraan. ’n Mens kan dit byna nie glo nie. Was dit dan nie die einste sonde wat hom destyds druipstert uit Egipte laat sluip het nie (Gen 12:10-20)? Tóé was hy nog jonk in die geloof. Maar nou is dit jare later. Abraham moes tog langs die pad gevorder het in geestelike volwassenheid!

Iemand het in dié verband gesê sy “defaults” is te stram. Hy probeer anders wees, maar as hy hom weer kom kry, is hy terug waar hy was; het hy weer in dieselfde slaggat beland. Dit is die realiteit van versoekings en sonde. Dis taai en klou hardnekkig.

Ons mag natuurlik nie die skouers daaroor optrek en sê dis maar soos dit is nie. Christus het immers sy Gees gegee om ons op die pad van heiligmaking te help (vgl Titus 3:5b-6). Net deur daaglikse oorgawe aan Hom en sy vormende leiding sal jy daarin slaag om jou troetelsondes te oorwin.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.