Luister na My, julle wat wil reg doen, julle wat na die wil van die Here vra: Dink aan die rots waaruit julle gekap is, aan die klipgroef waaruit julle gegrawe is. (vers 1)

Die Here neem dié wat reg wil doen, terug na hulle oorsprong. Abraham en Sara moes baie struikelblokke te bowe kom. Maar omdat hulle aan God gehoorsaam was, het hulle deurgekom en sy seëninge ontvang. Wanneer God optree, sal dit ook só met die Jode gaan. Daar sal vreugde en blydskap wees, daar sal gedank en gesing word (vers 3).
Om te deel in dié seëninge van Bo verg besinning. Dink terug, sê die Here. Sien die goue draad van God se sorg in jou eie verlede raak. Die feit dat jy vandag deel is van die Godsvolk, is die resultaat van jou voorgangers se standvastige geloof en onwrikbare vertroue in dié Een wat alleen kan help, en wie se hulp nie kortstondig is nie, maar oor geslagte heen strek (vers 8).
Ons word egter nie net geroep om terug te kyk nie. Ons word ook aangepraat oor ons kinders (vers 18). Wat doen jy om jou kinders aan die hand te vat en op die pad van geloofsafhanklikheid te lei?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.