Luister, my seun! Vlug Haran toe, na my broer Laban toe … (vers 43)

Soms moet mens dinge maar liewer aan die Here oorlaat, dat Hý besluit wat is reg.

As Rebekka maar dit gedoen het! Jakob moes vir sy lewe vlug uit die einste land wat hy kragtens sy pa se seën ontvang het. En – en dit is die hartseerste van alles – Rebekka het haar geliefde kind nooit weer gesien nie. Toe hy twintig jaar later uit Haran na Kanaän terugkeer, was sy reeds dood.

Dit is wat sonde doen. Dit breek stukkend, dit vernietig verhoudings en drome. Dit vernietig op die lang duur jouself en dit wat jy wil beskerm ook.

‘n Mens kan maar net wonder wat sou gebeur het as Rebekka op daardie verskriklike dag nié ingegryp het nie. Wat wél gebeur het, is ‘n ewige waarskuwing aan elkeen wat, met watter motief ook al, die reg in eie hande wil neem.

Daarom moet ons nie probeer God speel nie. Hy kan dit baie beter as ons doen! Ons werk is om in Hom te rus en by Hom te skuil. Op sy tyd sal Hy wel sy doel bereik. Dit is die evangelie.

image_pdfimage_print

Views: 5

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.