God die Almagtige sal jou seën: Hy sal jou vrugbaar maak en jou ’n groot nageslag gee. Jy sal ’n baie groot volk word. (vers 3)

Ons weet heeltemal te min van Isak. As ’n mens jou gedagtes so vinnig oor Isak se lewe laat gaan, is die dinge wat ons onthou, dat hy so byna-byna deur sy pa geoffer is. Ek wonder dikwels of daardie ontstellende gebeurtenis hom nie vir die res van sy lewe geskend het nie! En dan onthou ons ook dat hy deur sy eie kind bedrieg is, sodat hy sy seën nie vir sy lieflingkind kon gee nie. Watter trauma moes dit nie gewees het nie.

Dis jammer dat ons sy verhaal so sleg ken, want Isak was ’n geloofsreus in eie reg. In plaas daarvan om Jakob te verwens oor die streep wat hy hom getrek het, vergewe hy hom. In hierdie hoofstuk lees ons hoe Isak vir Jakob met ’n seënwens na Haran toe stuur.

Om verwytend en wrokkig te leef, is nie deel van geestelike volwassenheid nie. Paulus verwys daarna in 1 Kor 13:5 as hy skryf dat die liefde nie boek hou van die kwaad nie.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.