Jakob het geantwoord: “Dit is die kinders wat God in sy liefde aan my gegee het.” (vers 5)
“Aanvaar tog my geskenk wat vir u gebring is, want God was goed vir my en ek het oorgenoeg.” (vers 11)

Die eerste toets waarvoor die “nuwe” Jakob ná sy ontmoeting met God gestel is, was sy optrede teenoor Esau. Hy slaag dié toets met vlieënde vaandels. Hy is nederig, al het hy baie gehad om oor te spog. Maar sy dae van spog is verby; die tyd toe alles om homself en sý drome gedraai het, het by die Jabbokdrif geëindig.

Daarom hoor ons hom met groot beskeidenheid praat oor sy huis (vers 5) en sy besittings (vers 11), en gee hy die dank aan God.

Om beskeie te wees, is ’n ingesteldheid wat nie onderhandelbaar is by ’n gelowige nie. Paulus skryf in Efes 4:2: “Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.” Wat ons het en wie ons is, is immers louter genade (kyk na 1 Kor 1:29 en 31).

Dit beteken nie dat ons ons prestasies of gawes as niks moet afmaak nie – dit is valse beskeidenheid. Wees dankbaar oor wat jy het, en gee aan God die eer daarvoor, soos Jakob.

image_pdfimage_print

Views: 16

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.